ONS STREWE!

Dit is ons strewe om doeltreffende diensfasiliteite daar te stel! Ons wil diensbaar wees en al die behoeftes van ouer persone, woonagtig in hul eie huise in die H. H. kom, aanspreek.

Donasies / Borge

Omdat ons ‘n nie-winsgewende organisasie is wie se passie diens aan die gemeenskap is, soek ons gedurig finansiële bystand in die vorm van donasies en borge.

Kontak Ons

Saam doen ons dit beter

Die Dienssentrum is ‘n dienstak van die ACVV wat beteken dat ons nou met hulle saamwerk en voortdurende hulp en leiding van hulle ontvang.

Besoek hulle webtuiste

Dienste

Etes

Ons voorsien aansit- en wegneemetes. Ons lewer etes af aan lede wat om aanvaarbare redes, nie die Dienssentrum kan besoek nie. Spysenier na-ure 082-8108614.

Kliniek en Tuisversorging

Kliniekdienste, insluitend die neem van bloeddruk, inspuitings, toetsing vir diabetes en tuisversorging teen uiters billike fooie, ook voetversorging tuis. Wanneer 'n behoefte vir tuisversorging ontstaan, voel vry om die Dienssentrum te skakel en die Verpleegkundige sal 'n evaluasie by u huis kom doen. Skakel noodnommer 060 459 0086.

Haarsalon

Die dameshaarsalon is oop van Dinsdag tot Saterdag. Bel om ‘n afspraak te maak. Mans se hare word ook gesny. Die tariewe is billik en bekostigbaar. Indien nodig, kan u ook tuis besoek word. Skakel 021-8544 552 gedurende kantoorure vir meer inligting of om n afspraak te maak.

Fasiliteite

Verskeie kaartspeletjies en handwerk- en skilderklasse word aangebied. ‘n Lugverkoelde eetsaal, toegerus met ‘n TV, word verhuur vir die aanbied van privaat funksies, soos huweliksherdenkings en verjaarsdae. Die teetuin is elke weeksdag oop vanaf 9:30 tot 15:00. Tuisgebak is daagliks te koop. Skakel Lizelle, Sel 082 810 8614.

Bussie Diens

Ons het ‘n 10-sitplek bussie wat gebruik word om lede op uitstappies na besienswaardighede te neem.

Verkope

Vrugte word daagliks verkoop wat ons gratis ontvang van boere asook elke Woensdag en Vrydag vanaf 9:00 en 12:30 word enige tweedehandse items verkoop wat ons lede en buitestaanders skenk, vir fondsinsameling. Skenkings is baie welkom.