ONS STREWE!

Dit is ons strewe om doeltreffende diensfasiliteite daar te stel! Ons wil diensbaar wees en al die behoeftes van ouer persone, woonagtig in hul eie huise in die H. H. kom, aanspreek.

Donasies / Borge

Omdat ons ‘n nie-winsgewende organisasie is wie se passie diens aan die gemeenskap is, soek ons gedurig finansiële bystand in die vorm van donasies en borge.

Kontak Ons

Saam doen ons dit beter

Die Dienssentrum is ‘n dienstak van die ACVV wat beteken dat ons nou met hulle saamwerk en voortdurende hulp en leiding van hulle ontvang.

Besoek hulle webtuiste

Raak Betrokke

Sluit aan as u ouer as 60 jaar is en verseker u sinvolle onafhanklikheid.

Kom werk saam om vir uself en ook vir ander persone ‘n beter lewe en toekoms te verseker.

Bied u kundigheid aan en beteken iets vir u gemeenskap en ouderdomsgroep.

U kan met die volgende help:

  1. Uitry van middagetes na lede wat nie in staat is om die Dienssentrum te besoek nie.
  2. Elke Vrydag verkoop ons tweedehandse klere en ander huishoudelike artikels.
  3. Indien u ‘n afgetrede mediese praktisyn is - ons benodig die hulp van so’n persoon op baie beperkte skaal by ons Gesondheidsafdeling.
  4. Ons het ook die hulp van ‘n Fisioterapeut nodig.
  5. U kan ook help met die bestuur van ons mikrobus om lede op uitstappies te neem. U moet natuurlik ‘n PDP hê!
  6. Die bemarking van ons organisasie.